Ons gemeente het 'n gevestigde wyksbediening met diakens, ouderlinge en geestelike werkers. Wyke is 'n kern bedieningsgebied waar lidmate op 'n persoonlike vlak kontak met mekaar behou.
Ons blokkerkraadslede en geestelike werkers vorm ook 'n belangrike skakel tussen die lidmate en die gemeente. Bediening in wyke behels die sieke versorging, pastorale besoeke en gemeente administrasie.
Die wyke is in vier blokke (A-D) verdeel. Elkeen van die blokke het 'n blokkerkraad wat verantwoordelik is vir die bediening in die blok. Ons werk nie eksklusief volgens blokke nie en enige lidmaat is welkom om enige leraar te kontak of by enige aktiwiteit in te skakel.