Magalieskruin is 'n geloofsfamilie wat gebou word deur ons onderlinge verhoudings met mekaar. Die Here maak ons deel van Sy familie; dit is ons verantwoordelikheid om na mekaar om te sien en saam te groei in liefde vir God, vir mekaar en vir ons naaste.
Kleingroepe is groepe gelowiges wat op 'n gereelde basis bymekaar kom vir Bybelstudie, gebed, onderlinge ondersteuning en om saam te dien. Hier genees ons en help ons mekaar op 'n genesingspad. Hier groei ons saam. Hier mobiliseer ons vir diens.
Ons het 'n verskeidenheid kleingroepe wat op verskillende tye bymekaar kom en wat verskillede karakter het. Erens is daar 'n kleingroep wat vir jou 'n geestelike tuiste gaan bied.
Om in te skakel, kontak Lomari by die kerkkantoor.