Voorbereiding vir julle huwelik is belangriker as voorbereiding vir die troue!
Ds. Louis gaan julle help om die huwelik op die beste moontlike manier te begin en gewoontes te vestig wat julle sal help om die beste moontlike verhouding te hê.
Kontak hom so drie maande voor julle troue!
As jy lekker met jou motor wil ry, moet jy petrol ingooi en hom ook so nou en dan diens! Jou huweliksverhouding het ook petrol ingooi en diens geleenthede nodig.
Ons fokus op persoonlike huweliksverryking waar 'n paar deur hulle verhouding werk om mekaar opnuut te hoor en hulle verhouding saam te versterk. Kontak Ds. Louis vir 'n persoonlike afspraak.
Geen verhouding is perfek nie en alle verhoudings kom van tyd tot tyd onder druk. Daar kom egter 'n punt waar dit nodig en goed is om hulp van buite te kry.
Kontak ons, ons help graag!
Alle huweliksvoorbereiding in die gemeente word deur Ds. Louis hanteer. Kontak hom vir 'n afspraak.
Kontak asb. die predikant wat julle graag wil hê julle huweliksbevestiging moet hanteer direk om datums en reëlings te bevestig.
Indien julle by die kerk wil trou, vul asb. die onderstaande vorm in en besorg dit aan die kerkkantoor. Bevestig ook met die kantoor of die lokale beskikbaar is.
Ma. tot Do. 08:00 - 13:00
Vrydae 08:00 - 12:30